Aankondigings

  • Welkom: Welkom by hierdie module. Ek hoop dat julle die inhoud daarvan interessant en nuttig sal vind.



Inleiding

Die sentrale tema van hierdie kursus is verskeie matriksfaktorisasies en hoe dit in toepassings gebruik word. Jy sal onder andere leer van LU-faktorisasie, QR-faktorisasie, eiewaarde-faktorisasie en singulierwaarde-ontbinding. Elkeen van hierdie faktorisasies is 'n stap in die oplossing van 'n probleem wat in terme van 'n matriks-vergelyking geskryf kan word.

Voorbeelde van toepassings waarmee jy te doen gaan kry, is: passing van krommes op data-punte, refleksies, projeksies en rotasies (toepassings in robotika, orientering van satelliete in die ruimte, rekenaargrafika), populasie-dinamika, ekonomie-modelle, elektriese stelsels, en beeldverwerking.

Jy sal ook in hierdie kursus vaardigheid aanleer van hoe om simbolies met matrikse en vektore te werk, (dit wil sê, jy werk met matrikse en vektore sonder om na die individuele elemente te verwys).

Die sagteware pakket, MATLAB, word intensief gebruik as 'n berekeningslaboratorium om begrippe te ondersoek, probleme op te los en as 'n aanvulling tot klaskamerlesings. Jy sal MATLAB redelik goed leer ken in hierdie kursus - beslis 'n vaardigheid wat later goed te pas kan kom.

NA BO




Module inligting


Mdule-kode:
20710-214(16)
Module-naam:
Toegepaste Wiskunde 214
Module-beskrywing:
Toegepaste Matriksmetodes
US Krediete:
16
Jaar: 2
Semester: 1
Lesingsdrag:
3.00 lesings, 3.00 Tutoriale (per week)
Tuisdepartement:
Wiskundige Wetenskappe: Toegepaste Wiskunde
Dosent:
Dr MF Maritz
Kantoor:
A416
Telefoon:
808-4228
Epos:
mfmaritz 'at' sun.ac.za
Klassifikasie: Wiskunde:
75%
Basiese Wetenskap:
5 %
Rekenaartoepassings:
20 %
Vereistes: Slaag-:
Geen
Voor-:
Wisk. 144
Newe-:
Geen
Assessering: Metode:
Kontinue evaluering
Formule vir berekening van punte
sal slegs in die Module info-blad gelys word.

NA BO




Assessering


Die assessering van hierdie kursus word volgens die metode van Buigsame Assessering gedoen.

Jy sal twee groot toetse skryf, genaamd 'Assesserings'. Die eerst so 'n toets word A1 genoem en dit word naby die einde van die eerste kwartaal geskryf. Die tweede toets, genoem A2, word gedurende die eerste eksamentyd geskryf. Elke toets sal ongeveer een helfte van die die werk wat gedurende die semester gedoen word, dek. Die punte vir A1 dra 45% by tot jou finale prestasiepunt, en soortgelyk, dra die punte van A2 tot nog 45% van jou finale prestasiepunt by. Daar is 'n derde opsionele toets (genoem A3) wat tydens die tweede eksamentyd afgeneem word en net geskryf moet word deur diegene wat steeds nie genoeg punte het om te slaag nie, of diegene wat een van die ander assesserings as gevolg van 'n geldige rede gemis het.

Jy sal ook elke week 'n kleiner toetsie, genaamd die Tuttoets skryf. Hierdie toets word aan die einde van elke tutoriaalsessie (om ongeveer 16:00) geskryf, en dit sal telkens handel oor die werk wat tydens daardie tutoriaal gedoen is. Jy moet dus nie tyd mors tydens die tutoriaalsessie nie, maar dadelik begin werk, aangesien jy ongeveer twee uur later oor daardie werk getoets sal word. Tutoriaalprobleme sal altyd die Maandag voor die betrokke tutoriaalsessie op hierdie webblad beskikbaar wees. Jy kan dus voor die tyd by die huis begin werk aan die probleme.

Die punte verwerf vir die Tuttoetse sal die oorblywende 10% tot jou prestasiepunt bydra.

NA BO



Toetse


WAT DATUM TYD LOKAAL Voorbereiding Memo
A1 26 Apr 2023 17:30 later bekend Voorb. bladsy Memo
A2 10 Jun 2023 14:00 later bekend Voorb. bladsy Memo
A3 Toets handel oor alle werk. Gebruik beide Voorb.bladsye hierbo. Memo

NA BO



Aflaai


NA BO



D3-funksies in MATLAB


Ten einde toegang te verkry tot die funksies in die D3-pakket (soos byvoorbeeld D3axis, D3vector, ens.) maak seker dat jy die volgende pad tot die PATH lys byvoeg: \\sunstaff.stb.sun.ac.za\assignments\nat\Applied Mathematics\TW214 .

NA BO

Die MATLAB program wat die meetkundige ingterpretasie van die SVD illustrrer is beskikbaar onder \\sunstaff.stb.sun.ac.za\assignments\nat\Applied Mathematics\TW214 . Stel hierdie as 'n 'path' (of alternatiewelik laai die m-leers af op jou skootrekenaar) en sleutel "showSVD" in die bevelsvenster. Ten einde jou eie matriks (bv. CCC) te gebruik, maak seker dat die 2x2 matriks CCC reeds in die werkspasie is, en vul dan die naam daarvan (d.w.s. "CCC") in die invoer-veld in, voordat jy [LOAD MATRIX] druk.

(2023)

.

Applied Matrix Methods



Dosent

MF Maritz

  Dr Milton Maritz
  Ingenieursgebou A416
  mfmaritz 'at' sun.ac.za
  (021) 808-4228



Klasverteen- woordiger

Die klasverteenwoordiger van hierdie module is

????

Epos: ????? 'at' sun.ac.za
Sel:
/html>